Die man agter die naam
Ek is gebore in 'n (destydse) plattelandse dorpie (nou 'n stad) in die noordelike deel van Suid-Afrika in the laaste deel van 1970. Gedurende my kinderjare het ek meer-en-deels myself vermaak. Jy sou dink, as die jongste van ses, so daar altyd 'n maatjie gewees het. Die ouderdomsverskil het egter beteken dat die meeste van hulle reeds klaar was met skool, die huis verlaat het, en hulle eie families het.
Ek het dus ure verwyl met my denkbeeldige vriende (soos die meeste kinders op 'n sekere ouderdom). Soos ek ouer geword het, het daardie vormingsjare van vriende skep, op fantasie-avonture gaan, my verbeelding aangemoedig om karakters, wêrelde, en avonture te skep.
Dit was in my tienerjare wat die skryfgogga begin byt het. Op die ouderdom van twaalf skryf ek my eerste verhaal. 'n Eenvoudige, kort, storie met my skoolvriende as karakters. Ek het aanhou skryf, reg deur hoërskool. Op sestien het ek gedink ek was vaardig genoeg om 'n kortverhaal aan 'n tydskrif voor te lê. Soos te wagte, was daardie verwerpingsbrief die eerste in 'n lang lys van verwerpingsbriewe.
Iewers langs die pad het ek in radiodramas begin belangstel. Een van die plaaslike radiostasies het gereeld in die middae, vir 'n uur, radiovervolgverhale uitgesaai. Ek sou vasgepen voor die radio sit en na die volgende episode van my gunsteling radiodrama luister. Daar het die idee vir 'n radiodramareeks by my opgekom. Ek het nie veel van die genre geweet nie, so ek het elke boek wat ek oor die onderwerp kon vind by my plaaslike biblioteek geleen en self 'n paar radiotekse in die hande gekry.
Een van my vroeëre, mislukte, kortverhale het nog altyd daarna gesmag om meet te word as net 'n kortverhaal. Ek het gereeld daarna toe terug gegaan, oorgeskryf, verander, geskaaf, maar dit het nooit regtig 'klaar' gevoel nie. Toe tref die inspirasie. Dit het kliphard geskree om 'n radiodrama te word. Oor die volgende ses maande het ek dit herskryf as 'n radiovervolgverhaal. Opgewonde oor die vooruitsig, het ek dit aan die radiostasie voorgelê. Soos verwag, het 'n kort, tog aanmoedigende, verwerpingsbrief gevolg. Ingesluit was 'n kopie van die radiostasie se voorleggingskriteria, asook 'n handleiding getiteld Skryf vir die Radio. Binne ure het ek die inhoud daarvan verorber, en besef ek moet myself verder opvoed as ek ernstig was oor 'n skryfloopbaan.
Ek het vir 'n korrespondensiekurses by een van die land se grootste universiteite ingeskryf. Daar het ek my eerste les geleer wanner dit kom by andere leer. Enige iemand kan uit 'n handboek onderrig, maar om iemand oor 'n onderwerp te onderrig, moet jy die onderwerp ken - eerstehandse ondervinding met die onderwerp hê. Gedurende die aanvanklike korrespondensie met my dosent het ek uitgevind dat sy 'n Meestersgraad in tale het, en vele akademiese artikels oor die onderwerp gepubliseer het. As ek daaraan terugdink, moes ek dadelik die waarskuwingstekens raakgesien het. Sy het nooit iets kommersieël gepubliseer nie en was glad nie bekwaam om oor die onderwerp te onderrig nie. Nie vele mislukte pogins om 'n kursusopdrag te slaag, sonder enige hulp van my dosent, het ek opgegee en nooit die kurses voltooi nie. Teleurgesteld en afgeskrik deur dié ondervinding, het ek weer begin om elke boek wat ek oor die onderwerp in die hande kon kry, begin lees.
In 2002 het ek op The Writing School afgekom. Ná my vorige ramspoedige ondervinding, was ek aanvanklik skepties om nog 'n skryfkurses toe probeer. Toe ontdek ek dat die dosente self ook suksesvolle skrywers is. Nie professors wat vele artikels en tesisse oor tale gepubliseer het nie. Hulle was self ook skrywers. Ek het ywerig ingeskryf en oor die volgende vier jaar, met aanmoediging en leiding van my dosent, het ek my vaardigheid as skryf geslyp en geskaaf, en meer oor skryf geleer as wat ek tot op daardie punt van my lewe geleer het.
Van 2008 tot 2012 was ek betrokke by die vervaardiging van 'n animasiereeks wat gebaseer was op die vollengte dramareeks Family Secrets, wat oorspronklik vir televisie geskryf was. Dit het die lewe van 'n ryk familie gevolg, met die geheime en leuens wat deur hulle lewens verstrengel was. In 2019 publiseer ek die boek wat op die gebeure in Famil Secrets gebaseer is, onder die titels Masquerade (Engels) en Klugspel (Afrikaans). Dié verhaal volg 'n joernalis, Amor Peltzer, wat die geheime en leuens van die ryk family ontrafel en ontbloot.
In 2021 word die twede boek in die Amor Peltzer-reeks bekend gestel onder die titel Vendetta (Afrikaans en Engelse weergawens). Die derde boek in die Amor Peltzer reeks - Maneater (Engels)/Mensvreter (Afrikaans) verskwyn in vroeg 2025.

Vervelige feite oor my
Regte Naam:
Quintin Seegers
Geboorteland:
Suid-Afrika
Woonagtig:
New Zealand
Gunsteling Kos:
Enige iets Italiaans
Nuttigste rekenaarprogramme wat ek besit:
yWriter - Spacejock Software
Adobe FrameMaker