• Tuis
  • Wie is ek?
  • Boeke
  • Ander Werke
    • Kunswerke
  • Kontak My
QUINTIN SEEGERS

Boeke


Ses Grade
Boek 4 in die Amor Peltzer-reeks

Picture
   Wanneer bekende argitek, Albert Walters, in 'n motorongeluk sterf, word Amor Peltzer aangesê om 'n profiel oor hom te skryf. Vir die buitewêreld is hy 'n suksesvolle argitek en beginselvaste familieman - 'n man vir wie familie alles beteken het. Maar hoe meer Amor oor hom uitvind, hoe meer begin hierdie beeld verbrokkel. Wat begin het as 'n eenvoudige profiel, ontwikkel in 'n web van geheime en leuens wat verreikende gevolge het vir die mense wie se lewens hy geraak het.

Beskikbaar in Sagteband en op Kindle.


Mensvreter
Boek 3 in die Amor Peltzer-Reeks

Picture
'n Wildbewaarder by 'n wildreservaat is deur een van die leeumannetjies aangeval en doodgemaak. Amor se redakteur stuur haar om uit te vind of dit 'n mensvreterleeu is, en wat die reservaat met die leeumannetjie gaan doen. Haar ondersoek ontrafel 'n reeks geheime wat Amor reg in die leeumannetjie se kamp laat beland. Is sy die leeumannetjies se volgende slagoffer?

Beskikbaar in Sagteband en op Kindle.​


Vendetta
Boek 2 in die Amor Peltzer-Reeks

Picture
Nadat sy nog 'n Joernais-van-die-Jaar Toekenning ontvang het, besluit Amor Peltzer om haar prysgeld op 'n twee-weke vakansie by 'n gastehuis in die Letsitele Vallei, 450km noord van Johannesburg, te spandeer. Kort na haar aankoms word dit duidelik dat alles nie by die gastehuis pluis is nie. Amor se joernalistieke insinkte neem oor en kort voor lank bevind sy haarself in die middel van 'n vete met die buurplaas.

​Beskikbaar in Sagteband en op Kindle.


Klugspel
Boek 1 in die Amor Peltzer-Reeks

Picture
Amor Peltzer is 'n joernalis by Dagblad, 'n plaaslike koerant in Gauteng. Dagblad vestig die aandag op alternatiewe nuus - korrupsie onder regeringsamptenare, die donker geheime en skandes van 'publieke belang' onder bekendes en belangrikes in die land. Selfs as wenner van die gesogte Joernalis-van-die-Jaar Toeknning, beland die onopwindendste stories gewoonli in Amor se skoot. Haar privaat lewe is egter nie veel opwindender nie. 'n Jaar ná haar aangenome ouers se dood, besluit Amor om haar biologise ouers op te spoor.

Die Jonkers is 'n welbekende sakefamilie in beheer van 'n landswye meubelketting. Vir drie geslagte word hulle lewens deur 'n onbekende krag beïnvloed. Een wat daarop uit is om hulle te vernietig. Die afgelope sewentien jaar het hulle 'n mate van vryheid van hierdie krag genieg. Die vrede is van korte duur wanneer die familie in 'n hofsaak betrek word wat die aand van Dagblad se redakteur trek.

Amor word aangesê om uit te vind wat die waarheid agter die hofsaak is. Baie vinnig ontdek sy dat die Jonkers donker geheime in hulle verlede het. Geheime wat nie net die familie kan vernietig nie, maar ook haar eie lewe in gevraar stel. Haar enigste ontvlugting is haar eie soektog na haar biologiese ouers. Haar soektog lewer egter onverwagte resultate op en die besef dat haar eie lewe met dié van die Jonkers gekoppel is.

Beskikbaar in Sagteband en op Kindle.

                                                                                   © 2026 Quintin Seegers. Alle regte voorbehou.
                                                                                                 English
SiteLock